Woordfees Takeover!

Woordfees Discussions 

Ek sou kon doen met ‘n miljoen | I could do with a million

Are you stepping into the workforce and wondering where to start? This engaging discourse series has you covered! From smart investing tips and navigating SARS like a pro to uncovering whether Crypto is here to stay—there's something valuable for everyone.

🗓️ Join us on 2, 3, and 4 OCTOBER at Neelsie Cinema!

(FSP 52899)

You wanna know more?

Stam

‘n Verdwaalde kind wandel alleen deur die strate van Kaapstad. ’n Polisieman en sy meisie dryf uitmekaar. ’n Verpleegster hunker na moederskap. Een stad en baie verweefde lewens… wat almal in een aand verander.

Met Tarryn Wyngaard, Gideon Lombard, Inge Beckmann, Armand Aucamp, Niza Jay

Vervaardigers Cait Pansegrouw, Elias Ribeiro
Regisseur Louw Venter
Kinematograaf Pierre de Villiers
Klankbaan Guy Buttery

Wenner: beste speelfilm by die 2020 Durbanse Internasionale Filmfees

Metropolar

Metropolar verken die diep polariteite van die byna droomagtige Johannesburgse middestad. Modise Sekgothe se ontroerende narratief word sensitief aangevul met die melodiese meditasies van kitaarspeler en visuele kunstenaar Jotam Schoeman. Die klanklandskap deur vervaardiger en klankontwerper James Frank Robb intensifiseer die ervaring. Die gedig word in sewe dele aangebied en is verweef met dreunsange, kitaar en ’n mengsel van akoestiese en elektroniese perkussie—alles teen die geanimeerde agtergrond van Schoeman se sketse. Hierdie samesmelting van poësie, musiek en animasie neem die gehoor deur die strate van Johannesburg en skyn ’n lig op haar donker wang.


Skeppers Modise SekgotheIIIFoet

Koop Kaartjies (Gratis)

 

Oor My Dooie Liggaam

Kinders wonder op ’n begrafnis oor die dood, die hemel en die hel. 

Regisseur Wihann Strauss

Koop Kaartjies (Gratis)

Ooms

Oom Johan en oom Thys wil net weet hoe die rugbywedstryd verloop, maar die radio wil nie saamspeel nie. Wanneer oom Johan aan die draadloos begin stel, gebeur iets baie eienaardigs. Dalk het dit te doen met die verskynsel wat oom Thys gisteraand in sy agterplaas gesien het? Nietemin, die ooms het nie eintlik tyd vir sulke snert nie.

Met Richard van der Westhuizen, Dirk Vermeulen

Regisseur, draaiboekskrywer en redigeerder PJ Kotze

Koop Kaartjies (Gratis)

Gabriel: The Hole Runs After the Rabbit

’n Man gaan soek rus vir sy moeë liggaam en siel by ’n New Age-gesondheidspa, maar raak geleidelik onseker oor of hy nie dalk al vantevore hier was nie. 

Met Gabriel Marchand, Phomolo Sekamotho, Idalize Kleynhans, Deolandre de Jager

Regisseurs en draaiboekskrywers Adriaan de la Rey, Jaco van der Merwe

Koop Kaartjies (Gratis)

Wanneer Meisies Swem

In die begin het God die hemel en die aarde geskape en gesien die lig is goed. God het die lig “Nina” genoem en die don­ker “Ester”. Wanneer meisies swem is ’n hervertelling van die eerste dag op aarde.

Regisseurs, draaiboekskrywers en redigeerders Tana Pistorius, Armand Rossouw

Koop Kaartjies (Gratis)  

Buitenkant

’n Hawelose vrou tel ’n bos sleutels op én ontdek die woonstel wat dit oopsluit. Die suksesvolle jong vrou wat hier woon, is nie tuis nie. Die hawelose vrou wil instinktief steel wat sy kan, maar besluit om die ongewone geleentheid te benut en van die chaos daarbuite weg te kom. Haar ervaring raak ’n komplekse nadenke oor hoe mense geslyp word deur hulle omstandighede en hoe Kaapstad se nalatenskap van stedelike segregasie vandag steeds uitspeel.

Met Rehane Abrahams

Regisseur en draaiboekskrywer Will Nicholson

Koop Kaartjies (Gratis)  

Security

’n Eensame sekerheidswag by ’n kolossale winkelsentrum in Johannesburg vind gedurende die nagskof vertroosting by ’n winkelpop. 

Met Mduduzi Mabaso

Regisseur en draaiboekskrywer Mark Middlewick

Koop Kaartjies (Gratis)

Kom Hier Weg

Hardloop soos blits. Kaalvoet oor die teerpad verby die Hennopsrivier. Hardloop tot jy niks meer voel nie.

Met Liza du Plessis

Regisseur en redigeerder Armand Rossouw

Koop Kaartjies (Gratis)

Finding Resonance

Hierdie dokumentêr bring hulde aan die cinéma vérité-tradisie en verken die samewerking tussen die rolprentmaker en digter/musikant wat die gesproke woord aanwend as lens waardeur die koloniale geskiedenis herondersoek word. Die rolprent vang die vertonings vas van Suid-­Afrikaanse musikante wat gekies is vanweë hulle diverse en geskiedkundige bande met die verlede. Elke kunstenaar kies en voer ’n lied of gedig uit wat by hulle persoonlike en gemeenskaplike geskiedenis aanklank vind. Dié dokkie vervleg die persoonlike met die politieke, en nooi kykers om te besin oor identiteit, geheue en veerkragtigheid.

Met Jaco van der Merwe, Hilton Schilder, Simon Witbooi, Churchil Naude, Vusi Mahlasela

Regisseur Dan Roberts

Koop Kaartjies (Gratis)

Die Huis van my Kinderdae Verbind my Liggaam

’n Essayfilm oor die hartverskeurende progressie van nostalgie – van ’n goeie herinnering wat ’n mens herbesoek tot die gedurige gevoel van verlange wat nie meer so positief daar uitsien soos dit oorspronklik was nie. 

Regisseur Jandre van Heerden

Verteller Hougaard Winterbach

Koop Kaartjies (Gratis)

Hard Luck

‘n Kortfilm deur die legendariese Buster Keaton, met regstreekse begeleiding deur Ronald Davey. ’n Jong man wat net nie die geluk aan sy kant kry nie, probeer verskeie kere om sy eie lewe te neem, maar misluk ook daarmee. Dan begin hy deur ’n hele rits klein avonture al hoe meer selfvertroue kry – iets wat uiteindelik tot sy ondergang lei.

Koop Kaartjies (Gratis)

Vergeet van My

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat reeds ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute film­makers hulle wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige geleentheid maak, is die fees ook ’n vertoonvenster vir ontlui­kende talent: ’n rits kortflieks wat met die nodige mentorskap onder die feesvaandel vervaardig word, skyn jaarliks die kollig op hulle handewerk. Die Woordfees-filmfees wys met dank 8 kortfilms (opkomende film­makers), 6 “shotgun”-kortfilms (gevestigde filmmakers) en 5 kort dokumentêre uit die 2024 Silwerskermfeesprogram. Volledige inligting is op ons webwerf beskikbaar. Hierdie kortfilms is onder mentorskap van kykNET en M-Net vervaardig en het by die 2024 kykNET Sil­werskermfees in Kampsbaai gepremière.

Koop Kaartjies (Gratis)

Vir meer films en inligting oor die fees, volg die skakel. - https://woordfees.co.za/feeskategoriee/

See you at the movies! 🎥

The Neelsie Cinema Team 🎬🍿